|
|
Die Gorilllaz is by ver die beroemdste virtuele band wat ons al gesien het. Maar wat presies is ‘n virtuele band? Wel, dis eintlik heel eenvoudig… dis ‘n band wat nie bestaan nie. Wel, nie soos ons gewoond is ‘n band bestaan nie.
Wat bedoel jy, Red.? As die band nie bestaan nie, wie maak dan die musiek? Wel, hier is waar dit bietjie tricky raak, want ja, daar is baie puppet artists daarbuite, wat ‘n span musiekskrywers het en hulle stap net op stage en sing wat hulle op die teleprompter sien (OK, meestal leer hulle darem die woorde). ‘n Virtuele band is ‘n opgemaakte band, in elke sin van die woord. Kom ons maak dit maklik met ‘n paar FAQ's:
As die Parlotones hulself animeer in ‘n video, is dit ‘n virtuele band?
Nee, dis net ‘n namaaksel van die lede van die band.
As Lordi elaborate kostuums aantrek en niemand weet eintlik hoe die band regtig lyk nie, is dit ‘n virtuele band?
Nee, dis net ‘n klomp weird Skandinawiërs net kostuums aan.
As ‘n klomp muso's mekaar nooit ontmoet nie, maar oor die internet saam musiek maak, is dit ‘n virtuele band?
Party mense noem dit ‘n virtuele band. Maar dis beter om dit ‘n internet-band te noem, anders raak ons deurmekaar.
Wat die *&% is ‘n virtuele band dan?
OK, bly net kalm. ‘n Virtuele band het muso's wat musiek skryf, en die karakters in die band ontwerp, maar die karakters self bestaan nie op enige manier in die regte wêreld nie. Hulle het lewens van hul eie.
Ah, OK. So as die Muppets ‘n band sou begin, sou dit ‘n virtuele band wees?
Ja. Meeste virtuele bands bestaan egter uit animated karakters, nie poppe nie. Soos genoem is die Gorillaz (met hits soos ‘Clint Eastwood' en ‘Feel Good Inc') die mees beroemde virtuele band. Maar voor hulle was daar al virtuele bands, en jy besef dit nie noodwendig nie, maar die eerste virtuele band was eintlik die Chipmunks. Ja, daai weird klein knaagdier-cartoons.
Min mense weet dat die Chipmunks begin het as ‘n band voordat dit ‘n cartoon geword het. Ross Bagdasarian het in 1958 onder die naam David Seville and the Chipmunks begin om die vreemde cover songs van die Chipmunks op te neem. Hy het die karakters Alvin Simon en Theodore geskep en sy eie stem op hoë-spoed deur ‘n tape recorder gesit om hulle verskillende stemme te wen. Intussen het hulle al vyf Grammys gewen, verskeie flieks en reekse gemaak, en selfs al ‘n paar keer van eienaar verander. In die 80s was dit ‘n teken dat jy dit gemaak het in die musiekbedryf as die Chipmunks besluit het om jou song te cover - bietjie soos as Weird Al Yankovic vandag ‘n cover van jou song doen, of as die Simpsons jou nooi om ‘n guest star te wees.
Die Chipmunks se gewildheid het afgeneem, maar die Gorillaz het met nuwe animasiestyle gewys dat die idee van die virtuele band maar nog net begin het. Damon Albarn van Blur het in 1998 saam met Jamie Hewlett, een van die skeppers van Tank Girl, die band geskep. Die lede is 2D (vocals, keyboar), Noodle (kitaar, vocals), Russel Hobbs (drums) en Murdoc Niccals (bass). Daar is selfs al lede uit die band geskop - 2D se eks, Paula Cracker, is in die badkamer gevang saam met Murdoc, en summier uit die band uit geskop. Almal van Dennis Hopper tot Ike Turner (meer as 60 verskillende mense) het al gecollaborate op die Gorillaz, en Albarn en Hewlett is die enigste twee permanente lede van die band.
Die Gorillaz, anders as die Chipmunks, het ook al live performances gedoen. By die 2005 en 2006 MTV Europe Awards het hulle met behulp van hologramme live opgetree. Die probleem is dat die vibrasies van harde klank maak dat die hologramme blur. Toemaar, die wetenskaplikes sal dit uitsort. Hulle beter.
Hoekom maak al hierdie inligting saak? Want hierdie Sondag op Stook! kan jy die eerste keer ‘n virtuele band IN AFRIKAANS sien. Die Oranje Vryskape het vir die eerste keer naam gemaak in die strokie Skaapstad wat verskyn in die Rapport Tydskrif. Soos wat hulle gewildheid toegeneem het, het hulle besluit om 'n song op te neem sodat mense ook kan hoor hoe hulle klink. En so is Suid-Afrika se eerste virtual band gebore.
Gek is die voorsanger van die band. Hy was op skool maar 'n skamerige lammetjie, 'n bietjie wollerig en gepla met aknee. Na skool skeer hy al sy wol af, groei 'n mohawk en kry eweskielik hopeloos te veel persoonlikheid. Hy het vir Blondi en Flek in die local krip ontmoet en dadelik die band gejoin. Hy kan nie rêrig sing nie en is al op geleentheid vergelyk met Keith Flint van die Britse groep The Prodigy...Meer hanswors as voorsanger.
Flek is die rasta baskitaar speler. Niemand weet mooi waar hy vandaan kom nie en hy
praat ook nie daaroor nie. Hy vrek oor droë gras en haat dit as sy gesig ydelik op
t-shirts geprint word.
Blondi is die brein agter die hele spul. Sy was skrander op skool, hoofooi in matriek en baie musikaal. Haar pa was 'n grasboer en haar ma voorsitster van die Ooie Landbou Unie. Sy skop haar studies in BMus op om te gaan backpack deur die wereld. Dis op hierdie travels waar sy vir Flek ontmoet het en Die Oranje Vryskape gebore is.
Krek is die drommer. Nie veel oor hom te se nie. Elke band het mos maar 'n drommer nodig.
Die Vryskape beplan 'n volledige cd vir volgende jaar waarop hulle saam met van ons
land se voorste kunstenaars sal optree. Maar intussen kan jy hierdie week (van Sondag 18 November af) Stook! kyk om hulle te ontmoet. Hulle luister na Bok van Blerk se CD, en skil geen uie oor wat hulle daarvan dink nie. Hulle eerste video, ‘Weivelde Sonder Grense', premiére ook op Stook!, en daar is volledige interviews met die band!!!
| |