kykNET Op Jou Rekenaar  |  NUUSBRIEF  |  VIDEOGALERY  |  kykNET NETWERK  |  JUKEBOX
1. Hierdie kompetisie word aangebieg in ooreenstemming met die bepalings van artikel 54 van die Wet op Loterye, 1997, soos gewysig.
2. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem die deelnemer in tot die reëls soos hieronder neergelê.
3. Hierdie kompetie is nie oop aan die volgende persone nie:
3.1. direkteure, lede, venote, agente, werknemers of konsultante van MultiChoice/M-Net, Oracle Air-time sales, Endemol en Don't Look Down.
3.2. die eggenoot, lewens maat, ouer, kind, broer, sister, besigheids venoot of medewerker van enige van die persone gespesifiseer in 3.1 hier bo.
4. Die pryse vir die aanlyn speletjie sal eers uitgedeel word wanneer Doen ment 'n Mijoen uitgesaai word op televisie. Doen met 'n Miljoen word uitgesaai vanaf Vrydag 19 Oktober 2007.
5. Inskrywings sal daagliks versamel word. Aan die einde van elke week sal 'n wenner lukraak gekies word uit die top tien deelnemers op die telbord.
6. Die telling, soos dit aangedui word op die telbord, sal 'n gemiddeld wees van al die tellings wat gemaak is binne 'n spesifiek week op dieselfde profiel.
6.1. Die telbord word elke week herset.
6.2. Spelers sal 'n minimum van drie speletjies per week moet speel om te kwalifiseer om op die telbord te kom.
7. Daar is geen limiet aan die hoeveelheid kere wat jy vir die kompetisie kan inskryf nie, maar jy kan net een keer 'n wenner op hierdie spesifieke kompetiesie wees.
8. Pryse is nie verhandelbaar nie en kan nie verruil word vir kontant nie.
9. Die kompetisie is slegs oop aan burgers van die Republiek van Suid-Afrika.
10. Deelnemers neem aan die kompetisie deel en gebruik pryse gewen, op hul eie risiko. MultiChoice/M-Net and Endemol en Don't Look Down kan nie verantwoordelik gehou word vir enige ongeluk, besering, skaad, of verlies as gevolg van die deelname aan die kompetiesie of die gebruik van 'n prys nie..
11. MultiChoice/M-Net and Endemol en Don't Look Down behou die reg voor om die kompetisie te kanseleer sonder enige kennisgewing op enige gegewe tyd as dit in hulle opinies as noodsaaklik geag word, of as omstandighede buite hul beheer onstaan. In die geval van so 'n kansellasie stem alle deelnemers in om af te sien van enige regte wat hulle dalk mag hê in terme van hierdie kompetisie en erken dat hulle geen verhaal het teen MultiChoice/M-Net and Endemol en Don't Look Down, hul werknemers, agente, vennote, borge of promotors nie
12. Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal in geen korrespondensie getree word nie.