Hierdie is jou site. Nee, rêrig. Dink daaroor. Ons sit nie artikels hier op nie, ons sit nie die prentjies of video's of enigiets op nie. Ons bepaal nie wie die gewildste lid van die netwerk is nie. Dis als in jou hande.
Daarom wil ons ook hê jy moet 'n deel hê aan die ontwikkeling van hierdie netwerk. Ons weet daar's dinge wat beter gedoen kan word, miskien funksies wat jy dink vir die site die edge sal gee wat jy soek, of dalk net 'n bug wat iewers ingekruip het. Ons wil hê jy moet ons laat weet. Ons gaan die beste site kry as almal saam dink aan maniere om dit beter te maak. Soos nuwe toevoegings of veranderings gemaak word, sal ons hier kennisgewings plaas, sodat jy ook kan sien hoe die netwerk groei..
Hierdie is die veranderinge wat ons oor die afgelope paar weke aangebring het - die site raak beter, vinniger en al hoe meer handig. Soos ons gesê het - hierdie is julle site, so laat weet ons wat julle dink ons daarmee moet doen (of wat ons verkeerd doen.) by mktv@mnet.co.za